book-icon Uitgawe November & Desember 2020 & Januarie 2021

Swanger? Bly koel, al styg die kwik

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Kruisementgegeurde produkte skep die illusie van ’n koel briesie. Suig aan pepermente, drink ystee met kruisementblare of beproef lyfprodukte met ’n kruisementgeur. Sit ’n bak water met ’n druppel kruisementolie in voor ’n waaier neer om ’n vertrek te laat afkoel.

Dra klere van katoen en linne en bly weg van sintetiese stowwe wat skaaf en jou laat sweet. Veral onderklere kan ’n verskil aan jou gemak maak. As jou bra’s en broekies al knyp, belê gerus in spesiale kraam-onderklere soos dié van Carriwell – jy sal nie spyt wees nie. Dra los klere in vars kleure. ’n Rok is koeler en gemakliker as ’n broek en top of romp en top. Enigiets wat teen jou middel druk gaan jou net meer ongemaklik maak en kan boonop jou sooibrand vererger. Hou jou voete koel deur sandale en plakkies te dra.’n Sonhoed rond die voorkoms af.

Veral jou voete trek swaar in die laaste trimester. Bederf jou gerus met ’n salon-pedikuur. By die huis kan jy weer jou voete laat rus deur hulle in ’n bak koue rooibostee of kruisementtee te week. Dis baie algemeen dat voete in die laaste trimester swel. Gebruik dus elke geleentheid wat jy kan om jou voete in die lug te rus – maak sommer ’n gewoonte daarvan. Help limfdreinering aan deur jou lyf elke oggend met ’n droë borsel te borsel voor jy in die stort klim. Begin by jou voete en borsel altyd in die rigting van jou hart.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees