book-icon Uitgawe Junie, Julie, Augustus & September 2021

Swanger-nuusbrokkies

akkreditasie
Cherry Melon
Cherry Melon

Slaapklere met knopies voor is ideaal wanneer jy tot 10 keer per dag ’n baba aan jou bors moet koester. Veral in die winter wil ’n mens nie jou hele bostuk oplig en dan sit en bibber nie. Belê daarom gerus in sagte, praktiese nagklere van Cherry Melon. Die stel kos R529. Koop dit aanlyn by cherrymelon.co.za, of maak ’n draai by een van hul takke in Canal Walk (Kaapstad), Menlyn (Pretoria) of Cresta (Johannesburg).

Carriwell se Seamless Premium Maternity and Hospital Panty is spesifiek ontwerp vir gebruik in die hospitaal nadat jy die lewe geskenk het. Die materiaal is lig en sag en lugdeurlatend, maar sal ’n doekie goed in plek hou. Dis ook veilig vir gebruik nadat jy ’n keisersnee ondergaan het. Pak ’n paar in jou hospitaaltas. Te kry teen R79,95 by Baby City, Babies R Us, Clicks, takealot.com, loot.co.za en goeie kraamdragwinkels.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees