book-icon Uitgawe Augustus & September 2019

Swangerskap: Rondte nommer 2

akkreditasie
GEtty Images
GEtty Images

Dis nie ’n grap as jy swanger word terwyl jou peuter pas uit die doeke en nog wankelrig op die bene is nie. Jy gaan hierdie keer nie tyd hê vir daardie broodnodige middagslapies nie, want peuters is wesentjies wat baie aandag soek en sodra hulle agterkom die kompetisie is besig om in jou maag te groei (en ja, hulle is slim genoeg), kan hulle veeleisendheid tot ’n heeltemal nuwe vlak voer.

Nie net sal jy agterkom jy onderhandel nou skielik met ’n tweejarige net sodat jy kan rus nie; dis ook in dié tyd dat jy die tweede trimester betree. Daardie boepie begin uitsit en dit word ál moeiliker om jou peuter drukkies te gee en saam met haar op te krul. Maar plaas jou in jou kleinding se skoene en dink hoe hy moet voel as die “ding” in mamma se maag nou al die plek op haar skoot in beslag neem. G’n wonder jaloesie op die groeiende medespruit begin kop uitsteek nie.

Behalwe dat jy moeg en oorwerk voel, begin dit ook nou lyk of jy meer gewig aansit. Die kans is goed dat jy jou eerste swangerskap se gewig nog nie heeltemal afgeskud het nie – en nou pak die vetjies nog verder aan.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees