book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Swangerskapskete: Verlig die las

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Byna die helfte van swanger vroue beleef naarheid, veral soggens. Vroue met ’n tekort aan sekere voedingstowwe is meer geneig tot naarheid, hoewel swangerskapsverwante hormone die eintlike sondaars is. Dié hormone skiet die hoogte in gedurende week nege en 10 van jou swangerskap en dis wanneer vroue op hul slegste voel. Onthou, naarheid kan ook jou liggaam se manier wees om ontslae te raak van gifstowwe. Troos jou daaraan dat die meeste gevalle van mislikheid net in die eerste trimester voorkom. 

RAAD Eet gesonde kos waarvan jy hou. As jy nooit ’n Brusselse spruitjie oor jou lippe kon kry nie, is die kans skraal dat jy nou daaraan gaan smul. Eet gereeld, want dit stabiliseer jou bloedsuikervlak.  Vroue het meer vitamien B-6 en B-12, foliensuur, yster en sink in hul swangerskap nodig en naarheid is dikwels ook die gevolg van te min sink in jou liggaam. As jy baie opgooi, kan jy ’n magnesiumtekort ontwikkel.

Sommige vroue sweer daarby om soggens sodra hulle wakker word ’n Provita of Mariebeskuitjie te eet. Drink baie vloeistowwe, veral water. Gemmer is ook ’n krui wat naar­heid teëwerk; skop die dag dus af met gemmertee – dit is ook ryk aan sink – of eet ’n gemmerkoekie as ’n peuselhappie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees