book-icon Uitgawe Julie & Augustus 2020

Trimester 2: die boontjie ontkiem

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Die fetus betree nou ’n vinnige groeifase en is meer aktief. Maar moenie bekommerd wees as jy nog niks voel nie: Week 13 is eintlik nog baie vroeg om beweging te voel.

Jou baba kan al frons, skewemond trek en effens loer. Hy het ook al ’n handgreep. Hy begin suig en sluk, trek vrugwater in sy longe in en stoot dit weer uit. Die res van die organe is steeds besig om te ontwikkel en hy kan urineer. Sy kop groei nou nie meer so vinnig nie, sodat die res van die lyf proporsioneel begin inhaal.

Die weefsel wat later die beendere word, begin ontwikkel. ’n Goeie ultraklank-operateur sal baba se geslag kan uitwys. Die skelet begin nou vorm en die fetus lyk ál meer soos ’n mensie.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees