book-icon Uitgawe Junie & Julie 2019

Veg teen uitputting tydens swangerskap

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Aarde, daardie finale weke van swangerskap kan verbysleep. Jy voel uitgeput, swaar en ongemaklik. Die ironie is egter dat jy ook nie meer lekker slaap nie as gevolg van die pyne in jou bekken, die 12 uitstappies na die toilet wat jy snags aanpak en die klein akrobaat in jou maag wat teen drieuur soggens tussen jou binnegoed rondrol. Met dié nege wenke sal jy sommer gou weer woema hê.

Sommige swanger vroue sukkel met ’n ystertekort. Bespreek dit met jou dokter as jy in die derde trimester van jou swangerskap buitengewoon afgemat en moeg voel sodat ’n toets gedoen kan word.

Sorg dat jy genoeg donkergroen groente, rooivleis, olierige vis, eiers en bone by jou dieet insluit. Probeer om dit saam met iets soos lemoensap in te neem, aangesien vitamien C jou liggaam help om yster te absorbeer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees