Vir dié woorde was ek keelvol!

akkreditasie
Het jy tydens jou swangerskap dikwels dieselfde aanmerkings moes aanhoor? Hier is die kommentaar waarvan Baba & Kleuter-lesers glad nie gehou het nie...
  • “Die toppie wat jy nou dra gaan jou teen die einde beslis nie meer pas nie!” - Karin Croucamp, Roodepoort, Gauteng
  • “Sjoe, ek wil nie weet hoe groot jy op nege maande gaan wees as jy nou al so lyk nie.” - Talia du Plessis, Moreletapark, Pretoria, Gauteng
  • “Jy lyk nou of jy vir die voorry kan druk.” - Heleen Kotzee, Table View, Kaapstad
  • “Ek kan sien dis ’n seuntjie, want jou boude raak lekker rond en jou heupe sit uit.” - Comien van Zyl, Bloemfontein, Vrystaat
  • “Kyk waar staan jou maag al, jy gaan de¬nitief groter dra as met jou eerste kind.” - Yvette Steenberg, Johannesburg, Gauteng
  • “En wanneer gaan jy jou seuntjie speen?” (oor ’n seuntjie onder twee wat nog geborsvoed is) Luise Spangenberg, Bloemfontein, Vrystaat
  • “Jy moet gesond eet vir die baba.” - Yvette Roets, Allen’s Nek, Gauteng
  • “Moenie bekommerd wees nie, dit is amper verby.” - Beryl Webb, Johannesburg, Gauteng
  • “Slaap terwyl jy kan, want as baba eers daar is ...” - Karien Gouws, Viljoenskroon, Vrystaat
  • “Is jy nie ’n bietjie groot vir hoe ver jy is nie?” - Maryke Bacon, Pretoria, Gauteng
  • “O genade, eerder jy as ek, double trouble!” (oor ’n tweeling) - Nadia Smith, Rustenburg, Noordwes
  • “Wat wil jy hê – ’n seuntjie of dogtertjie?” - Thalise Pretorius, Nelspruit, Mpumalanga
  • “Is jy seker dis nie ’n tweeling nie?” - Anneli Kriel, Bellville, Wes-Kaap
  • “So wanneer pop jy, of wanneer laai jy af?” - Bianca van Heerden, Springs, Gauteng
  • “Goeie bliksem, maar jy’s groot! My vrou het nie so groot gedra nie.” - Chanri Cleo Strydom, Mpumalanga
  • “Jy en jou man gaan min tyd vir mekaar hê wanneer baba hier is.” - Surita Meyer, Randburg
  • “Dalk is julle nou gelukkig en kry ’n seuntjie.” - Dolene Randall, Warrenton, Noord-Kaap
  • “Jy’s so groot!” én “Jy’s so klein!” (kommentaar op dieselfde dag) - Juanli Theron, Stellenbosch, Wes-Kaap
  • “Siestog, jy lyk moeg” of “Wow, jy’t beslis ’n swanger neus.” - Marina Viljoen, Secunda, Mpumalanga
  • “ ’n Vrou wat nie normaal kraam nie, maar ’n keiser kry, is nie ’n ware vrou nie.” - Petrusha Stander, Mosselbaai, Wes-Kaap
  • “Moenie babagoed koop tot jy verder is nie, jy kan jou baba verloor.” - Anri van Zyl Greyling, Klerksdorp, Noordwes
  • “Wanneer kom die volgende een?” (een dag ná ’n miskraam) - Ciska van Wyk, Calvinia, Wes-Kaap
  • “Sjoe, jy lyk mooi. Dit moet ’n seun wees, anders as jou vorige swangerskap.” - Sonia Davis Ferreira, Randburg, Gauteng
  • “Ek hoop julle het ’n goeie mediese fonds, want as baba eers daar is gaan jul geld op wees.” - Neeltje Joubert, Durban, KwaZulu-Natal
  • ”Wie het jou in die rug geskop?” of “Hoe gaan dit met die pregnant fairy?” - Megan van Heerden Agema, Pretoria, Gauteng
  • “Trek ’n bietjie in jou maag.” - Anél Lamprecht, Bloemfontein, Vrystaat
  • “Is jy al weer swanger?” - Luzelle Merkuur, Atlantis, Wes-Kaap
  • “Jy is soos ’n trekker: As iemand jou stoot, vat jy.” (Met die tweede swangerskap binne twee jaar) - Theonita Jansen van Vuuren, Pretoria, Gauteng
  • “Noudat julle weet hoe dit werk, gaan julle seker nie lank wag vir nommer twee nie!” - Ulla Spies, De Aar, Noord-Kaap
  • “Het julle nie ’n televisiestel nie?” (met nommer vier op pad) - Carina Kriel Bezuidenhout, Kempton Park, Gauteng
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees