book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Voor baba kom: Nessie vol liefde

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Daar is min dinge so mooi soos ’n broeis amperpa wat sy swanger vrou op die hande dra. Al daardie ekstra aandag is beslis een van die groot voordele en voorregte van swanger wees. Verlustig jou daarin en laat jul romanse herleef, want onthou, as baba eers haar eerste “ê” gesê het, wag ’n paar moeë maande op jou wanneer jy jou aandag tussen jou man en die nuwe gesinslid sal moet verdeel. Hoe sterker jul band voor die tyd is, hoe beter. Daar gaan tye kom dat julle regtig nie vir mekaar ooghare het nie want almal is moeg en gestres en slaap sleg, en ’n paar goeie herinneringe kan julle dan daardeur dra.

Beplan dus nou rustige tye saam, doen klein goedjies vir mekaar, kuier ’n bietjie alleen, gaan hou vir oulaas saam alleen vakansie en skep ’n romantiese atmosfeer tuis in jul nessie.

“Binding” is ’n woord wat dikwels vir die verhouding tussen ma en kind gebruik word, maar dieselfde woord geld ook die verhouding tussen man en vrou. Binding geskied wanneer mense gehaltetyd saam deurbring. Voor die baba opdaag moet julle lekker lang gesprekke hê. Praat oor jul verhouding, jul verwagtinge van ouerskap en wat julle van mekaar verwag as nuwe ma of pa. Doen moeite om na mekaar te luister en te probeer verstaan hoe die ander een die wagtyd ervaar.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees