Wanneer skop sy?

akkreditasie
Wanneer skop ’n baba met mening, sodat ek seker kan wees dis wat ek voel, en hoe gereeld daarna moet ek hierdie skoppe voel?

Vraag:

Ek het my baba op 13 weke vir die eerste keer voel skop en boonop die naelstring sien beweeg. Daarna het ek my verbeel ek kon hom weer ’n paar keer voel beweeg, maar toe raak dit stiller. Ek is nou 18 weke swanger en voel nie meer de¬nitiewe beweging nie. Wanneer skop ’n baba met mening, sodat ek seker kan wees dis wat ek voel, en hoe gereeld daarna moet ek hierdie skoppe voel? Raak die skoppe meer namate die ongebore baba ouer word, of moet ’n mens van jou eerste skop af elke dag min of meer dieselfde aktiwiteit voel?

Antwoord:

In ’n eerste swangerskap kan ’n mens gewoonlik beweging van so 20 weke af begin voel. In die daaropvolgende swangerskappe kan jy dit van vroeër af voel, want nou weet jy mos reeds hoe dit voel wanneer baba begin beweeg. Aanvanklik kan die baba se bewegings vlietend wees, maar dit sal later ál sterker word.

Dis nie waar dat die baba se bewegingspatrone van die begin af dieselfde is nie. In die begin gaan dit ligte ¬adderings wees, wat eers later gevolg word deur meer robuuste bewegings wat selfs jou eggenoot moontlik sal kan voel.

Teen die einde van die swangerskap raak die ruimte waarin baba kan beweeg, kleiner. Dit beteken nie noodwendig dat die baba minder sal beweeg nie, maar dat die aard van die bewegings meer kriewelagtig of wurmagtig sal raak.

Ek wil egter net reageer op jou een stelling – die naelstring wat jy sien beweeg het. Dit was waarskynlik jou derms. Jy sal nooit die naelstring kan sien beweeg nie omdat dit ’n sagte struktuur is wat binne-in die baarmoeder geleë is.

Op 13 weke is die baarmoeder nog eintlik binne-in die bekken en dus nie sigbaar in die buik nie. Ek is seker die baba se bewegings sal binnekort meer de nitief raak. Geniet dit, want dan weet jy mos dit gaan goed met jou baba!

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees