Wat is 'n vroedvrou?

akkreditasie
Oorweeg dit gerus om 'n vroedvrou aan te stel om jou voor, ten tyde van en na jou baba se geboorte by te staan.

Vraag:

Ek is 10 weke swanger met my eersteling. Ek wil normaal kraam met behulp van ’n vroedvrou. Watter opleiding moet ’n vroedvrou hê en wat is haar rol? Waarvoor moet ek op die uitkyk wees en wat moet ek oor haar kwali¬kasies vra?

Antwoord:

In Suid-Afrika is mense baie onkundig oor die rol van ’n vroedvrou, anders as in baie ontwikkelde lande waar die meeste geboortes veilig deur vroedvroue hanteer word en dokters net in ’n noodsituasie ingryp of om ’n keisersnee uit te voer as komplikasies ontstaan.

In Suid-Afrika moet jy eers verpleegkunde studeer en in jou basiese opleiding as verpleegkundige ontvang jy ook die basiese opleiding as vroedvrou. Die Nasionale Kwali-kasieraamwerk (NKR) het verander en jy kan nou ’n suster (die een wat die pers skouerbelegseltjies in die saal dra) genoem word nadat jy ’n vierjaar-graadkursus aan ’n erkende universiteit voltooi het.

Die verpleegkunde-graad is baie taai en verg baie harde werk en ongeloo ik baie praktiese ure voor jy mag kwali¬seer. Ná jou basiese graadkursus kan jy in gevorderde verloskunde en neonatologie spesialiseer, wat jou in staat stel om onafhanklik te praktiseer as vroedvrou omdat jy nou verloskundige spesialisvaardighede het.

Vroedvroue is gewoonlik ingestel op geboortes wat so natuurlik moontlik is. As ’n komplikasie ontstaan, sal sy haar kliënt dadelik dokter toe verwys.

Alle gekwali¬seerde vroedvroue in Suid-Afrika word Vormgewende Broekie by die Suid-Afrikaanse Raad vir Verpleegkundiges en Vroedvroue (SANC) geregistreer. As ’n vroedvrou dan onafhanklik wil praktiseer, registreer sy by die Gesondheidsberoepsraad en kry ’n praktyknommer vir alle dokumentasie, eise en monitering.

’n Volwaardige vroedvrou werk meestal onafhanklik en bestuur haar eie praktyk of funksioneer onafhanklik buite die hospitaal saam met ander vroedvroue. Hulle hanteer meestal voorgeboortesorgsessies, sonars, tuisgeboortes, watergeboortes en soms hospitaalgeboortes.

Onafhanklike vroedvroue is meestal ook borsvoedingskonsultante en hou hulleself op hoogte van die internasionale verloskundewêreld.

Die rol van ’n vroedvrou is baie belangrik tydens die geboorte. Sy staan jou die hele proses deur by en maak seker dat jy ontspanne is. Sy stel jou gerus en gee leiding en ondersteuning.

Jou vroedvrou is jou steunpilaar – tydig en ontydig, dag en nag. Sy lig jou in oor kraamposisies wat werk en gemakliker geboortes. Sy hanteer jou en jou baba se welstand voor, gedurende en ná die geboorte.

Sy hanteer jou baba sagkens en leer jou die vaardighede van borsvoeding, hoe om baba te bad en allerhande ander kunsies wat jy gaan nodig kry.

’n Vroedvrou aan jou sy is soos ’n “geboortemoeder”. Sy moet jou primêre versorger wees terwyl die geboorte plaasvind.

Ek haal graag aan: “Newly pregnant women should consider all of their options when choosing a care provider. Women are consumers in the birth market, and as such they deserve to expect the highest level of service and quality from the professionals that they hire to care for them.

“Importantly, remember that although obstetricians have a vital role as maternity surgeons, midwives have shown time and again to have the best outcomes for healthy mothers and infants.”

Dié aanhaling kom van die Amerikaanse Kollege van Verplegende Vroedvroue.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees