Wat sien dok daar binne?

akkreditasie
Ultraklankskanderings word deesdae met byna elke voorgeboorte besoek uitgevoer; maar dis nie regtig nodig as 'n normale, gesonde swangerskap het nie. Ons vertel jou watter sonars jy egter nie mag misloop nie - en hoekom.

Ultraklankskanderings is van die opwindendste gebeurtenisse in jou swangerskap, want dis dan dat jy jou baba vir die eerste keer sien. Maar hoe baie van hierdie opwindende oomblikke het jy regtig nodig?

Volgens die internasionale organisasie vir ultraklank in verloskunde en ginekologie (Isuog) is een tot twee skanderings gedurende jou hele swangerskap voldoende.

Die Suid-Afrikaanse Organisasie vir Ultraklank in Verloskunde en Ginekologie (Sasuog) stem saam. Volgens inligting op hul webtuiste is die ideaal dat alle swanger vroue hul eerste ultraklankskandering iewers tussen 11 en 14 weke kry, en dan weer ’n fetaledetail-skandering tussen 21 en 23 weke ondergaan.

Sommige vroue kan egter al hul eerste sonar tussen ses en 10 weke kry. Hoewel dit nie die belangrikste een in die eerste trimester is nie, kan dit waardevol wees vir vroue wat pyn het of vaginaal bloei.

Vroue wat die gevaar vir ’n ektopiese swangerskap (swangerskap buite die uterus) loop, sal ook by dié skandering baat. Dokters span dikwels vaginale of interne sonartegnieke in, m.a.w. hulle voer die sonarsta¬e deur jou vagina – anders as ’n paar weke later, wanneer hulle dit buite op jou maag plaas.

Dis omdat ’n baba in hierdie stadium skaars ’n paar sentimeter lank is en dit soms moeilik is om hom goed te sien. Dan is ’n vaginale skandering baie beter, want jy kom ¬siek nader aan die baba en die korter gol engtes wat uitgestuur word laat dokters toe om beter te kan sien.

Wat om te verwag

Jy moet op jou rug lê tydens ’n sonarondersoek. Die ondersoek is glad nie seer nie en is ¬siek skadeloos. Jou dokter of sonoloog sal eers ’n taamlik koue jel op jou boepie smeer voor hy of sy die oordraer (wat soos ’n dik pen lyk) op jou maag begin rondrol.

Vra gerus dat die dokter die prentjie op die skerm vir jou te verduidelik as jy letterlik nie kop of stert uitmaak nie. Die meeste dokters of sonoloë laat ook toe dat jou maat by is wanneer die sonarondersoek gedoen word. Dit is vir baie paartjies ’n spesiale oomblik wanneer hulle hul ongebore baba vir die eerste keer op die skerm sien. Dit bring veral vir pa’s ’n gevoel van werklikheid.

Die eerste bair belangrike sonar: tussen 11 en 14 weke

Met dié sonar kan jy ook vra dat die vloeistof agter jou baba se nekkie gemeet word. Hierdie sonar is om verskeie redes belangrik:

  • Datumbepaling. Dis veral relevant vir vroue wat nie kan onthou wanneer hul laaste maandstonde was nie of wie se siklus onreëlmatig is. Die grootte van die fetus bepaal die verwagte geboortedatum.
  • Om vas te stel of jy dalk ’n meerling verwag.
  • Om te kyk of die baba besig is om normaal te ontwikkel. Groot abnormaliteite is in sowat 1 persent van swangerskappe al met die 11-14 weke-ondersoek sigbaar. Dié abnormaliteite kan soms so groot wees dat dit die ongebore baba se dood sal veroorsaak, of dat dit reggestel moet word dadelik ná geboorte.
  • Die nugale skandering, waar die vloeistof agter die baba se nekkie gemeet word, moet voor 14 weke plaasvind. Dit help bepaal of daar fetale afwykings is, soos chromosoom-abnormaliteite en hartafwykings.
  • Dokters sê nagenoeg 80 persent van Down-sindroom- en trisomie 18-swangerskappe kan met die eerste trimester-siftingstoets opgespoor word. Onthou egter dat ’n positiewe uitslag beteken daar is ’n risiko vir ’n afwyking, nie dat daar de¬nitief ’n afwyking is nie.
  • As die dokter met dié ondersoek ook kyk na die bloedvloei van die baarmoeder of die lengte van die serviks, kan die risiko vir komplikasies soos preëklampsie en ’n vroeë geboorte (voor 34 weke) ook bepaal word. Hoewel gereelde skanderings jou gemoedsrus sal gee, sal dit nie jou baba se gesondheid bevorder nie.

Die tweede baie belangrike sonar: 18-23 weke

’n Tweede sonar op ongeveer 20 weke word ook baie sterk aanbeveel, ongeag diem uitslag van die 11-14-weke-sonar. Met dié skandering word die volgende gedoen:

  • ¬Die dokter wil vasstel of baba nog normaal ontwikkel.
  • Enige strukturele abnormaliteit moet uitgeskakel word, veral van die groot organe soos die hart, lewer, brein en die ruggraat. Toestande soos spina bi¬da kan byvoorbeeld nou raakgesien word.
  • Die dokter kan sien waar die plasenta lê.
  • Hy of sy kan seker maak dat jy genoeg vrugwater het.
  • Die dokter of sonoloog behoort ook nou met taamlike sekerheid jul baba se geslag te kan bepaal. Wees egter gewaarsku dat daar soms foute gemaak word …

Alles is vrywillig: Lut Geerts sê geen ma kan gedwing word om vir sonars te gaan nie, maar die een tussen 11 en 14 weke en tussen 18 en 23 weke behoort aan alle ma’s aangebied te word. Dit bly egter steeds jou keuse of jy hierdie ondersoeke wil hê.

Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees