Ek was in 2007 swanger met my seuntjie. Op 31 weke het ek wakker  geword ek was so geswel dat ek amper nie kon sien nie, ek bel toe die ginekoloog en hul se ek moet dadelik inkom na sy spreek kamers.

Daar aan gekom en dokter het my bloeddruk gevat en dit was baie hoog. Ek is toe gediagnoseer met pre-eclampsia toxemia. Ek word toe dadelik opgeneem en hul sit 'n masjien op my maag om die baba se hart en stres vlak te monitor. 

Ons was so bang maar God is groot. Die aand van 14 Junie het familie vir my kom kuier waar ek reeds besig  was om in koma te gaan dat ek nie eers geweet het hul was daar nie. Die suster het my steroids ingespuit sodat baba se longe sterker kan word.

Die volgende dag is ek ingestoot om 'n epidural keiser te ondergaan, toe die dokter die naald in rugsteek na die tiende probeer slag het hul gese hul kan nie langer wag nie en dat hulle my sal onder vol narkose moet sit anders kan ek die baba verloor.

My man was heeltyd saam en het gekyk na die hele operasie. Die pediater het toe vir Franco uitgehaal, hy het nie asem gehaal nie. Hulle het my man uit die teater geneem en gesê hy moet buite wag. Daar het hy gebid in die hospitaal gang saam ons moeders. Na 'n ruk het die pediater en susters met Klein Franco uitgehardloop in die broeikus na die NICU toe. Hy was n wonderwerk van God.

Franco was vir 35 dae in ICU, hy het 2.2kg geweeg toe hy huistoe kom. Hy het in ICU 1ml melk gedrink elke drie ure wat deur 'n pypie in die neus tot in sy maag gevoer was.

Vandag is hy 8 jaar oud en makeer niks. 

My raad is vertrou altyd op God...

As jy enige stories met ons wil deel stuur dit aan web@babaenkleuter.co.za