Lugballon koek

akkreditasie
Emielke
Probeer hierdie pragtige koek vir jou peuter se verjaarsdag. Dit sal beslis die gaste se oog vang.

Jy het nodig:

- 2 ronde koeke

- botterversiersel in vier kleure, waarvan een bruin vir die mandjie

- bruin vingerbeskuitjies

- Smarties

- tou

- uitrolversiersel (opsioneel)

Maak so:

Laat die een ronde koek net so. Sny die tweede koek in twee dele: een vir die mandjie en een wat netjies by die ander ronde koek inpas. Smeer die koeke met die botterversiersel soos die foto bo. Rond dit af met Smarties op die ballon en vingerbeskuitjies op die mandjie. Sny vier stukke tou en maak aan elke punt 'n knopie. Verbind die ballon en mandjie daarmee. Vorm wolkies van die uitrolversiersel indien verkies.

Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees