book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2023
Deel

BABA | Maak só met brandboudjies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Jou baba se vel is uiters sensitief. Boonop is dit vogtig in die babadoek en bevat jou kleinding se piepie en poef allerhande chemikalieë wat haar vel kan irriteer. Die geskaaf van die doek self kan ook lastig word. Dis dus geen wonder dat dié dele soms tot velprobleme geneig is nie.

Maak nie saak hoe skoon en droog jy jou baba se boudjies probeer hou nie, luieruitslag is so te sê gewaarborg. Wanneer jy die eerste tekens van ’n uitslag sien, begin onmiddellik met behandeling om die plekkie te streel en te versorg. Was dit sagkens – moenie vryf nie, gebruik eerder ’n beker, spuitnaald met water of tuitbottel om urine of stoelgang mee af te was. Druk die area liggies droog sonder om te vryf. Dit sal ’n groot verskil maak as jy dit eers deeglik droog laat word. Indien moontlik kan jy jou baba op haar magie laat lê sonder ’n doek of boudjiesalf sodat die boudjies lug kan kry. Doen dit ’n paar keer per dag. Moet net nie vergeet om eers ’n mat of handdoek onder haar neer te sit nie. Jy kan kies en keur tussen salwe vir luieruitslag. ’n Goeie oor-die-toonbank-salf behoort ’n ligte, normale uitslag hok te kan slaan. Vra gerus jou apteker of klinieksuster om iets aan te beveel.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees