book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2023
Deel

BABAKOS | Stel jou baba voor aan teksture

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Babakos is amper sinoniem met puree, maar omdat geen ouer vir altyd babakos wil koop of maak nie, is dit belangrik dat puree nie te lank die enigste kos bly wat jou baba eet nie. Babas moet leer kou. Hulle moet leer wat om met ’n stuk kos in hul mondjie te doen. Hulle moet leer om stukke kos veilig af te sluk en om verskillende teksture in hul mond te verdra, van glad en jellierig tot grof, bros en korrelrig.

Growwe kos en stukke kos help dat ’n baba se mondspiere sterk word, wat later belangrik is vir duidelike spraak. Babas wat van kleins af aan ’n groot verskeidenheid kos blootgestel word en elke dag iets anders eet, is later minder kieskeurig. Pleks daarvan om elke week jou baba se gunsteling-botteltjies en -sakkies babakos te koop, kan jy gerus ons stap-vir-stap-plan volg om jou baba te leer om ’n verskeidenheid kos van verskillende teksture te eet.

Hierdie proses kan versnel word na gelang van jou baba se ontwikkeling en omstandighede. Die ouderdom wat aan elkeen van hierdie stappe gekoppel is, dien slegs as riglyn. Babas verskil in hul hantering van nuwe teksture.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees