book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2022

Jou pasgeborene: So baie om na uit te sien!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

As splinternuwe ouer kom jy gou agter daar is baie meer eerstes in jou kind se lewe as net die tradisionele mylpale van eerste glimlag, eerste tand en eerste treetjie. Elkeen is gelaai met ewe veel trots, opwinding en blydskap – en soms ’n tikkie angs en onsekerheid ...

Dis ongetwyfeld die grootste oomblik van jou lewe – wanneer jy jou baba die eerste keer in jou arms hou. Maak jou reg vir ’n mengelmoes emosies: uitputting, verligting, vreugde, dankbaarheid en trots – en ’n oorweldigende liefde wanneer jy vir die eerste keer in daardie ogies kyk.

Ironies genoeg lyk jou patroontjie by geboorte glad nie soos ’n kunswerk nie. Haar velletjie kan oortrek wees met ’n vetterige, wit stof genaamd vernix, daar kan bloed en merkies aan haar lyfie wees en haar kop kan dalk ’n snaakse vorm hê. Al dié “newe-effekte” van die geboorte sal gelukkig ná ’n paar dae verdwyn.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees