Jou baba is gewoonlik teen twee weke oud gereed vir ’n eerste uitstappie, mits jý daarvoor reg is!
Daar is nie ’n reël of wetenskap wat bepaal wanneer hierdie uitstappie moet plaasvind nie.
Dit is bloot ’n vraag van gesonde verstand, want teen hierdie tyd het jy en jou nuwe baba al aan mekaar gewoond geraak en ’n effense roetine gevestig.