book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

Krampe & winde

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Terwyl ’n baba voed – of dit nou aan die bors of met ’n bottel is – sluk hy dikwels ’n bietjie wind. Hierdie lug kan jou baba uiters ongemaklik laat voel, tot windjies boontoe en ondertoe lei, krampe veroorsaak en jou baba na trane dryf.

Sommige babas is gelukkig en lyk asof hulle die windjies nie eens voel nie, terwyl ander baie swaarkry.

As jou baba ’n wind gesluk het, sal hy waarskynlik ophou drink omdat die vasgekeerde lug in sy magie hom versadig laat voel voor hy werklik genoeg gedrink het om sy dors te les. Hy kan ook huil, sy gesiggie vertrek asof hy pyn het, of begin kriewel – veral as jy hom ná die voeding wil neerlê. Gelukkig is daar heelwat wat jy kan doen om jou kleinding die stryd teen winde te help wen. Tydens voeding Die regte posisie tydens voeding kan help keer dat jou baba onnodig winde sluk. Of jy nou bottel- of borsvoed, probeer om jou baba se kop altyd ’n bietjie hoër as sy maag te hou terwyl hy drink. Dit sorg dat die melk na die onderkant van die maag loop sodat die lug makliker aan die bokant kan ontsnap as hy ’n windjie breek.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees