book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

Njam! Dis koukos!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenaars kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Die fyn babakos wat jou baba leer eet het, gaan haar nie baie lank interesseer nie.

Behalwe dat sy moeg kan raak vir die pap kos, is dit om verskeie redes ook belangrik dat sy growwer kos leer eet. Growwe kos beteken sy moet kou, en al het sy nog nie ’n enkele tandjie nie, begin sy al oefen vir die groot kou wat kom. Al die koubewegings maak haar tong en mondspiere sterk sodat sy nie net vir haar pa kan tong uitsteek nie, maar ook binnekort pragtige woordjies kan begin sê. Sy stel al klaar meer belang in mamma se kos as haar eie en as sy mooi leer, gaan sy binnekort dieselfde kos as die res van die gesin kan eet.

Teksture bring natuurlik ook ’n groter gevaar mee dat jou baba kan verstik. Baie ma’s weerhou growwe kos juis omdat hulle bang is vir verstikking. Maak eerder net seker jy weet presies wat om te doen en sorg dat jy by jou baba is sodat jy vinnig kan help.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees