Babakoliek word amptelik gediagnoseer wanneer ’n gesonde, welgevoede baba van jonger as vyf maande vir meer as drie weke lank meer as drie keer per week meer as drie uur per dag huil.
Behalwe om self te begin huil, is daar enigiets wat jy kan doen as dit jou baba getref het?
Hoewel niemand regtig weet wat dit veroorsaak nie, weet ons dat dit by voltermynbabas teen omtrent week twee kop uitsteek en effens later by vroeggeborenes; dat dit meestal teen drie of vier maande self ophou én dat babas se geslag nie ’n rol speel nie.