book-icon Uitgawe Oktober 2022 tot Januarie 2023

NUWE BABA | Wie is die moegste in die huis?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Daar’s min dinge wat ’n huwelik so toets soos die konstante gekibbel oor huishoudelikhede. Ouerskap is harde werk en daar’s ’n magdom take wat daagliks verrig moet word bo en behalwe die gewone huishoudelike take. Bespreek vooraf hoe die verdeling daarvan gaan plaasvind en of julle hulp van buite gaan aanvaar. Wanneer baba eers daar is, moet hierdie verdeling gereeld hersien en verfyn word. Julle sal gou agterkom watter pligte saamgegroepeer kan word, watter pligte julle geniet en watter uitputtend is.

Onthou dat dit ’n veeleisende werk is om ’n tuisbly-ouer te wees. Dit het geen finansiële beloning nie, maar talle praktiese en emosionele voordele vir die kinders. Hou dit dus in gedagte wanneer die pligte verdeel word. Dis alles wonderlik as pappa ook snags wil opstaan en voedings behartig, maar as hy bedags ’n veeleisende werk het wat die enigste finansiële inkomste inbring, is dit dalk beter om sy nagrus ’n prioriteit te maak. Hy kan eerder onderneem om elke aand vroeg tuis te wees om die kinders te bad. Onthou ook om naweke ’n bietjie afwisseling in te bou. Maak beurte om laat te slaap, bottels te was en die oggenddoek te ruil.

Dit help nie jy werk jou op oor dinge wat jou maat doen of nié doen nie. Niemand kan gedagtes lees nie en julle is albei in ’n splinternuwe situasie met nuwe kodes en gewoontes. As jy voel jou maat bring nie haar of sy kant nie, sê dit met liefde en begrip – daar is dalk ’n goeie rede voor. Dit gebeur maklik dat maande se voorbereiding ’n wanbegrip of onrealistiese verwagtinge kan oplewer.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees