Nanobébé se Breast Milk Storage Bags & Organizer help om jou uitmelkroetine meer vaartbelyn te maak. Die sakkies is ontwerp om te keer dat jy melk mors en behou ook voedingstowwe, want jou melk gaan twee keer vinniger afkoel en vries as in ander houers.
Dit steek natuurlik ook ’n stokkie voor die groei van bakterieë. Die sakkies het ’n dubbele ritssluiter, is duursaam, lekbestand en word van ekstradik plastiek gemaak (nie- giftig en sonder BPA of ftalate). Met die organiseerder kan jy die sakkies so stapel dat jy ruimte spaar en altyd die oudste melk eerste gebruik. Die boks bevat 25 vooraf gesteriliseerde sakkies. Dit kos R279 by Baby City, uitgesoekte Dis-Chem-takke en nanobebe.co.za.