1. Sny met die mes die eerste letter van jou baba se naam in die wit deel van die aartappel en kerf dit uit soos op die foto. Jy kan ook ’n ontwerp maak soos ’n wolkie, hartjie, of blom.
2. Plaas die koerantpapier op ’n tafel en gooi die kombersie daarop oop.
3. Versprei die verf met die kwas eweredig oor die deel van die aartappel wat jy op die kombersie wil druk.