Dr. Simon Strachan (pediater) antwoord:
Die regering se UIP-rooster en die privaat rooster verskil wat betref die eerste drie besoeke in jou baba se eerste ses maande. Die UIP vereis besoeke op 6, 10 en 14 weke. Daar is privaatklinieke wat van 8 weke af elke tweede week inentings doen. Dis heeltemal onnodig. Baba kan met sy 6- en 14 weke-besoek 3 inspuitings gelyk kry. As jy die privaatrooster volg, word dit tot twee inspuitings verminder op 8- en 16 wekebesoeke weens die 6-in-1-inspuiting.
Die gehalte van inentings is dieselfde in staats- en privaat klinieke. Die enigste verskil is dat die staatsklinieke se inentings gratis is.
Die UIP-rooster begin dus op 6 weke met 3 inspuitings per besoek en is gratis. Die privaatrooster begin op 2 weke met 2 inspuitings per besoek, maar jy moet vir al die inentings betaal.
Die privaatrooster bied ook inentings teen hepatitis A en waterpokkies op 1 jaar, MMR op 15 maande en die menslike papilloomvirus op 10 jaar.