book-icon Uitgawe Oktober 2022 tot Januarie 2023

AGTERBLAD | Boys, back die bors!

akkreditasie
James Kemp en klein Lillie-Marie, wat op borsmelk floreer
James Kemp en klein Lillie-Marie, wat op borsmelk floreer

Ek het daar gestaan met die blik melkpoeier in my hand en probeer sin maak van al die bestanddele wat buite op die blik aangedui word. Die rye en rye ander opsies op die winkelrakke het ook nie juis gehelp met die keuse nie. Ek wou nie rêrig blikmelk koop nie, maar ek was moeg. So moeg. En Lillie-Marie het so baie gehuil.

Van die begin af was dit vir my belangrik om ’n betrokke pa te wees. Nie net later wanneer my dogtertjie al kan loop en lag en gesels nie, maar van haar eerste oomblikke in die wêreld af. Enige man wie se vrou met ’n keisersnee die lewe geskenk het, sal weet dat daardie weke ná die geboorte moeilik vir die mamma kan wees. Veral dan is dit belangrik dat jy jou deel doen deur doeke te ruil, te help met badtyd en winde uitvryf. Die een ding wat ons mans egter nie kan doen nie, is borsvoed. Glo my. Ek het nou al drie keer The Notebook gekyk en lakteer steeds nie.

Ek het moedeloos gevoel omdat dit die een ding was waaroor ek nie beheer gehad het nie. Ek kon my dogtertjie vashou as sy huil, haar warmer aantrek as sy koud kry, ek kon haar bad, doeke ruil en winde uitvryf. Maar ek kon haar nie voed nie. Karin het wyd gelees en navorsing gedoen in aanloop tot Lillie-Marie se geboorte en tot die gevolgtrekking gekom dat borsvoeding die beste vir ons babatjie sou wees. Ons het begrip daarvoor dat dit nie noodwendig vir almal beskore is nie, maar waar moontlik sou ons probeer borsvoed.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees