book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Besluit oor oorslaap

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Madelein Savage van Blouberg­strand in die Wes-Kaap is onkant gevang kort nadat haar graad 0-dogtertjie, Sané, by ’n nuwe skooltjie begin het.

“Een middag ná skool storm Sané, ’n maatjie en dié se ma op my af en die ma vra of Sané Vrydagaand kan kom oorslaap. Ek het die mense van geen kant af geken nie. Sané wou baie graag gaan, maar dis iets wat ek en sy in daardie stadium nog nie eens bespreek het nie. Ek het ‘nee’ gesê, maar dit was baie moeilik want toe begin Sané huil en ek dink die ander ma het aanstoot geneem.”

Madelein en haar man het die aand daaroor gepraat en besluit op ’n paar reëls vir wanneer hulle weer in so ’n situasie beland. Sané is oor die reëls ingelig en het dit aanvaar. Hulle het onder meer besluit dat sy eers van graad een af mag uitslaap, en dan net by familie. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees