book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2022

JOU GESIN | Beswaarde oudste, arme middelste, bedorwe jongste?

akkreditasie
Getty/Gallo Images
Getty/Gallo Images

Elke kind is uniek, maar tog deel soveel eersgeborenes oor die wêreld heen be­paalde karaktertrekke terwyl middelstes en jongstes ook tipies in ander boksies geplaas kan word. 

Ouers verbeel hulle dit nie. Navorsing het dit oor en oor bewys: Die volgorde waarin jou kinders gebore word, speel ’n rol in hul persoonlikheid. Maar waar kom dit vandaan? Sielkundiges meen dis nie aangebore nie, maar het te doen met hoe ouers hul kinders grootmaak. Die invloed van geboorte-orde word sosiaal gevestig: Dit gaan oor hoe ons ons kinders hanteer. Dit het weer ’n uitwerking op ontwikkeling en hoe jou kinders hulleself beskou. Jy kan stry, maar ouers hanteer hul oudstes, middelstes en jongstes dikwels verskillend weens praktiese oorwegings soos tyd en geld.

Gelukkig is die invloed van geboorte-­orde nie in sement gegiet nie. As jy bewus word van wat jy met elke kind anders doen en begin verstaan hoe kinders tipies op hul hantering as oudste, middelste of jongste reageer, kan jy jou ouerskap dalk anders aanpak ...

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees