Khululeka Grief Support is ’n geregistreerde niewinsgewende organisasie wat hul daarvoor beywer om kinders en tieners in rou te ondersteun. Hierdie organisasie help kinders om seer te hanteer, soos wanneer hulle iemand aan die dood afgestaan het. Hiervoor samel Khululeka fondse in om vier ondersteuningsgroepe te stig vir tienermeisies tussen die ouderdom van 13 en 19. Vir meer inligting oor Khululeka se Thundafund.com kontak vir Nicholas by Nicholas@thundafund.com, of stuur ’n epos na Khululeka by deborah@khululeka.org, of besoek www.thundafund.com/project/_griefsupport.
As jy in die Johannesburg-omgewing en die ma van ’n pasgeborene is, is Mobile Mommy Makeovers dalk net wat jy nodig het. Hulle verskaf dienste soos haarstilering, naelversorging en haarverwydering by jou eie huis. Vir meer inligting besoek www.mobilemommym.co.za.