book-icon Uitgawe Junie tot September 2022

REDAKTEURSBRIEF | Geniet die bederf

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Baba & Kleuter, Junie tot September-uitgawe
Baba & Kleuter, Junie tot September-uitgawe

Ons bederf julle vandeesmaand met allerhande geskenkies in die sakkie, asook ’n gratis bylae oor skoolgereedheid, Mik Hoog. Dit sal jou help om jou kleuter sonder stres vir jou of hulle op die groot skool te begin voorberei. Dis propvol praktiese raad wat geen spesiale toerusting of tegnieke verg nie – alles is in en om die huis te vind. Die hoofboodskap is dat jy jou kind betrokke moet maak by jul gesinslewe waar jy kan, want vir sulke kleintjies is absoluut alles ’n leergeleentheid.

’n Reusagtige dankie aan die borg van die boekie, Gummy Vites. Dis vir my ’n riem onder die hart dat Gummy Vites in die krag van die Afrikaanse media glo en ons (en julle!) ondersteun. Dit was ’n ple­sier om met ’n kliënt aan ’n projek te werk waar ons doelwitte heeltemal ooreenstem. Die span is baie trots op die boekie – geniet dit!

Dis nou nie besonder weten­skaplik van my nie, maar ek wil darem byvoeg: My kinders, wat nou al groot is, het baie goed op skool presteer en hulle het as kleuters Gummy Vites ingekry. Ek moes trouens die houer wegsteek, so lief was hulle daarvoor!

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees