Voor jou en jou kleinding se liggaam optimaal kan werk, is ’n gesonde spysverteringstelsel noodsaaklik. Meer as 500 verskillende soorte bakterieë is hard aan die werk in die spysverteringskanaal. Presies hoeveel en wat hul eienskappe is, verskil van plek tot plek.
Elke mens op aarde het ’n unieke derm-mikrobiotaprofiel (mikrobiota is ’n gemeen- skap mikroörganismes in jou derm) wat in die vroeë kinderjare gevorm word. Hierdie omgewing, of bioom, bly egter nie konstant nie, maar word aanhoudend beïnvloed deur faktore soos dieet of siektes, om maar net twee te noem.
Dr. Anton Janse van Rensburg van Johannesburg sê dat baie aspekte van ons moderne lewe ongelukkig nie die bioom in ons derms gesond help hou nie.