book-icon Uitgawe Junie tot September 2022

Hoe gemaak met postnatale depressie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Jy ignoreer jou vriende se pogings om te kom kuier om die nuwe baba te sien, jy dink nét aan slaap, en jy voel paniekerig elke keer as die baba ’n geluid maak. Jy kan jou man amper nie in die oë kyk nie, want jy’s bang vir wat jy daar gaan sien: Jy is ’n slegte ma. Jy verwyt jou dat jy nie oorloop van liefde nie. Dalk is dit beter as iemand anders maar net die baba van jou wegneem, al sal dit jou hart breek.

Liewe leser, jy het postnatale depressie. Dis nie ’n skande nie, dis nie jou skuld nie, en dis eintlik baie algemeen. Moenie alleen en in stilte ly nie.

Daar is drie soorte gemoedsversteuring waaraan vroue kan ly ná die geboorte van hul kind. Die spreekwoordelike baby blues slaan baie algemeen en vinnig toe op die derde dag van jou baba se lewe. Tot 85 persent van vroue kom dit oor, veral eerstekeerma’s. Die gevoel van hartseer, huilerigheid, broosheid, moegheid, benoudheid en ligte angs behoort hoogstens twee weke te duur (en meestal baie korter).

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees