Die hele kleuterskool loop op die oomblik onder pienkoog deur. Hoe aansteeklik is dit en wat moet ek doen as my kind dit kry?
Dr. Maretha Combrink antwoord: Pienkoog, oftewel konjunktivitis, is die irritasie of ontsteking van die bindvlies wat die wit deel van die oog bedek. Daar is aansteeklike en nie-aansteeklike oorsake:
Albei oë kan aangetas word. Allergiese konjunktivitis is gewoonlik seisoensgebonde en die behandeling behels ’n antihistamien en steroïeddruppels. Virus- en bakteriese konjunktivitis is hoogs aansteeklik. Virus-konjunktivitis (adenovirus- of herpesvirus-infeksies) gaan gepaard met koors, ’n seer keel en ander boonstelugweg-simptome. Dit word versprei deur direkte kontak met afskeidings van ’n besmette oog of kontak met lugwegafskeidings op oppervlakke soos deurhandvatsels, telefone en speelgoed. Voorkoming behels goeie handhigiëne voor en ná aanraking met iemand wat konjunktivitis het. Oppervlakke waarmee iemand wat aangetas is gereeld in aanraking kom, moet ook goed en gereeld ontsmet word. Gaan dokter toe om die korrekte diagnose en behandeling te kry. Intussen kan die ogies skoongemaak word met watte en afgekoelde kookwater. Vee vanaf die neus na buite. Antibiotika word net in die geval van bakteriese konjunktivitis voorgeskryf en behoort die simptome tussen vyf en sewe dae te laat opklaar. Dit word nie vir virus-konjunktivitis voorgeskryf nie – die simptome van laasgenoemde verdwyn gewoonlik ná 10 tot 14 dae. Allergiese konjunktivitis is gewoonlik seisoensgebonde en word meestal met ’n antihistamien en steroïed-oogdruppels behandel.