VRAAG: My kind hou sy potlood verkeerd vas, maak nie saak hoeveel keer ek hom reghelp nie. Hy is in graad O en gaan volgende jaar grootskool toe. Hy draai ook die bladsy of boek waarop hy werk heeltemal skeef wanneer hy teken of skryf. Hoe kan ek hom help?
LIZANNE DU PLESSIS ANTWOORD: Ek het by Bunty McDougall, arbeidsterapeut en skrywer van die The Happy Handwriter®-program, om raad gaan aanklop. Sy sê dat as jou kind in staat was om sy potlood korrek vas te hou, sou hy dit gedoen het.
Soms het die spiertjies net nog nie genoeg ontwikkel nie. Daarom sal dit goed wees as ons na planne kyk om sy spiere te ontwikkel terwyl jy voortgaan om hom te herinner om sy potlood reg vas te hou. Kom ons kyk na die elemente van ’n korrekte potloodgreep en hoe jy dit kan aanmoedig.