book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

Kenner: Is my kraamdatum korrek?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Ek is volgens my ginekoloog 12 weke swanger. Ek verstaan nie hoe hy dit uitwerk nie, want ek het ’n ander datum in gedagte gehad. Tel ek die dae vandat ek laas seks gehad, geovuleer of gemenstrueer het? Hoe kan ek uitwerk presies hoe ver swanger ek is?

Dr. JP du Buisson antwoord: Swangerskapsduurte word bereken vanaf die eerste dag van jou laaste normale maandstonde. Die gemiddelde swangerskapsduurte is 280 dae, oftewel 40 weke. Dié berekening sluit egter ’n paar aannames in, soos dat jou siklus 28 dae lank is en dat jy op dag 14 geovuleer het. Vroue het gemiddeld ’n siklusduurte van 28 dae.

Jou laaste maandstonde word gebruik in die berekening omdat ’n mens dit uiteraard makliker kan bepaal as die dag van ovulasie. As jy weet op watter dag jy geovuleer het, kan jy dan sê dat jou verwagte datum van verlossing 266 dae ná ovulasie sal wees.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees