VRAAG: My tweejarige is nie gek oor eet nie, maar het altyd darem aan minstens een kossoort gepeusel wat ek voorsit. Hy eet egter die laaste ruk niks. Hoe hanteer ek sy eetstaking?
ANEL KIRSTEN ANTWOORD: My eerste brokkie raad is: Wees geduldig! Baie kinders gaan deur ’n fase waarin hulle etes weier. Dit is veral tipies tussen 18 en 36 maande oud en dan maak dit gewoonlik deel van hul “onafhanklikwording” uit.
Maak seker jou kind kry ’n maksimum van 500 ml melk per dag in (die ideale hoeveelheid is 380 ml) sodat aan sy basiese voedingsbehoeftes voldoen word. Moenie die fout maak om sy melk meer te maak omdat hy swak eet nie – meer as 500 ml melk per dag sal sy magie vol maak en dan gaan hy in elk geval nie wil eet nie.