book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2023
Deel

KENNERRAAD | Voorbehoed-toestel

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Vraag: Ek het pas my tweede kind gehad en ons wil nie nou dadelik weer swanger raak nie. Die ginekoloog het verskeie metodes van voorbehoeding met ons bespreek. Een daarvan was die koperstangetjie. Wat is die voor- en nadele daarvan?

Dr. JP du Buisson antwoord: Die intrauteriene apparaat (IUA) van koper is ’n baie doeltreffende voorbehoedmiddel. Die mislukkingsyfers daarvan is een uit 200 gebruikers. Dis omtrent net so goed as om jou te laat steriliseer, met die voordeel dat dit omkeerbaar is.

Nog ’n voordeel is dat wanneer dit ingeplaas is, dit dadelik werk. Jy hoef dus nie te onthou om iets te doen soos om ’n pil te drink nie. Daar is ’n klein kans dat ’n gaatjie in die baarmoeder gesteek word wanneer dit ingeplaas word, en as jy borsvoed is dit dus beter om daarmee te wag tot agt weke ná jou baba se geboorte.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees