book-icon Uitgawe Desember 2019 & Januarie 2020

Help jou kind om tyd te verstaan

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Tyd stel ons in staat om gebeure in ’n sekere volgorde te rangskik, terwyl kalenders en horlosies ons help om tyd in hanteerbare porsies op te breek. Dit bied vir ons ’n verwysingspunt waarvolgens ons dinge kan reël. 

Om tyd te verstaan, moet jou kind begryp dat gebeure ’n bepaalde volgorde het, dat sekere goed voor of ná ander gebeur, dat daar iets soos gister, vandag en môre is, en ook ’n verlede, hede en toekoms. Sy moet agterkom daar is ’n gereeldheid van gebeure (ons eet drie keer ’n dag), ’n ritme (weekliks of maandeliks) en dat tyd gemeet kan word in eenhede soos jare, maande, dae, ure, minute en sekondes. Sy moet ook ’n woordeskat ontwikkel om haar te help beskryf wat in tyd gebeur. 

Teen graad 1 sal jou kind verskeie tydsbegrippe goed onder die knie hê, maar tyd is nie iets wat jou kind binne ’n middag kan verstaan nie. Die meeste sesjariges kan nog nie ’n horlosieinterpreteer nie. Eintlik word diemeeste kinders eers tussen sewe en10 jaar werklik vaardig met ’n horlosie of kalender omdat hulle dan eers oor die nodige wiskundige vaardighede beskik om tyd met gemak te volg.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees