book-icon Uitgawe September & Oktober 2020

Jou kind se selfbeeld: Ek is kosbaar

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Wanneer mense in hulleself glo, het hulle die eerste geheim van sukses onder die knie, het dr. Norman Vincent Peale – skrywer van The Power of Positive Thinking – gesê. Maar terwyl kenners wêreldwyd die waarde van ’n goeie selfbeeld beklemtoon, bly dit ’n uitdaging om ’n kind daarmee toe te rus.

’n Kind dink van haarself wat die mense in haar onmiddellike omgewing van haar dink – of liewer, wat hulle haar laat glo hulle van haar dink, skryf die arbeidste­ra­peut Marga Grey in haar boek Stimuleer jou kind met begrip (Metz Press).

Marga sê die belangrikste voorwaardes vir ’n gesonde selfbeeld is die gevoel dat jy êrens hoort en gelief is, dat jy waarde het en iets beteken, en dat jy bevoeg is en oor die vermoëns beskik wat van jou verwag word.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees