book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Jou kind se selfvertroue: Ek lief myself

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Sonder ’n gesonde selfbeeld sal selfs die talentvolste mens nie ver kom nie. As jy nie in jouself glo nie, sal niemand anders dit doen nie.  ’n Kind se selfbeeld word in sy eerste vyf tot sewe jaar gevorm en hang grootliks af van sy ouers se houding teenoor hom. Dis ’n groot verantwoordelikheid, nè?Gelukkig is daar baie wat jy kan doen om jou kind in homself te laat glo. Die grondslag van ’n gesonde selfbeeld is die gevoel van onvoorwaardelike liefde en goedkeuring wat jou kind by jou en al sy geliefdes ontvang.

Die uitdrukking op jul gesig, jul lyftaal en jul stemtoon is vir hom ’n aanduiding van wat julle van hom dink. As positiewe boodskappe ’n gewoonte in jul huis is, gaan jou kind floreer en homself as waarde­vol ag.

Dis belangrik dat jou kind gewaardeer en spesiaal voel. Help hom om sy goeie eienskappe raak te sien en gee opregte lof waar nodig, selfs vir “verwagte” gedrag soos die uitvoer van pligte of goeie maniere. Jou kind moet ook weet dat jy hom liefhet ongeag sy foute of mislukkings. Dit kan jy doen deur daagliks vir jou kind te vertel dat jy hom liefhet, asook deur tyd saam met hom deur te bring. Maak tyd om te speel, te werk en vir ontspanning.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees