book-icon Uitgawe Mei & Junie 2020

Ontwikkel jou kind se grootspiere só

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Groot motoriese vaardighede lê die grondslag van vaardighede wat daarop moet volg, soos lees, skryf en somme maak. As jou kind se grootspiere nie genoeg ontwikkel het en hul werk kan doen nie, kan die klein spiere ook nie behoorlik funksioneer nie. 

Wanneer jou kind fietsry, boomklim, met ’n bal speel of hardloop, ontwikkel sy ruimtelike vaardighede en visuele persepsie, wat weer nodig is vir allerlei ander vaardighede wat hy onder die knie moet kry. As jy elke dag ’n bietjie tyd inruim om sulke oefeninge op ’n prettige manier te doen, sal jy sorg dat jou kleuter al die nodige vaardighede ontwikkel om van sy eerste skooljaar ’n sukses te maak. 

Groot motoriese ontwikkeling stel jou kind in staat om sy groot spiere te gebruik om te loop, hardloop, spring, wip en ’n bal te skop en vang. Hierdie vaardighede help hom ook om vir langer rukke te kan stilsit, soos wat van hom in die grootskool verwag sal word. 

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees