Teen dié tyd is doeke dra iets van die verlede, en teen vier jaar is skeidingsangs ook vergete.
Jou kind kan nou vriende maak met ander kinders van haar ouderdom en ál meer dinge vir haarself doen soos om self aan te trek, te bad en tandjies te borsel. Jou kleuter sit gemiddeld sowat 1,8 kg tot 2,6 kg gewig aan en groei sowat 7 tot 9 cm per jaar. Sommige kleintjies rek tot 2 cm per maand.
Hier volg nog ’n paar mylpale wat julle kan verwag.