book-icon Uitgawe Februarie tot Mei 2023
Deel

JOU PEUTER | Stop die geneul

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Die effens nasale, draaierige klank is genoeg om jou maag ook te laat draai. Peuters kan kerm tot jou ore tuit en jy lus voel om self te begin skree! Byna alle peuters beproef die een of ander tyd die krag van kerm, maar hoe jy dit hanteer het ’n invloed op hoe lank hulle daarmee aanhou. “Neul” is ’n ondoeltreffende en onvolwasse vorm van kommunikasie wat kinders soms gebruik as hulle emosioneel voel, verduidelik die opvoedkundige sielkundige Riza van der Merwe van Roodepoort. Daarom help dit as jy jou kind help om doeltreffender te kommunikeer.

Moenie aan jou kind se versoek gehoor gee wanneer sy neul nie, sê Riza – anders het sy geen rede om haar gedrag te verander nie. “Gee haar ’n aanvaarbare opsie, soos om duidelik te vra wat sy wil hê en haar behoefte vir haar te verwoord. Hou die sin so kort as moontlik, byvoorbeeld: ‘Wil jy koeldrank hê? Sê mooi: Mamma, kan ek asseblief koeldrank kry?’

”As jou kleinding nog te klein is om mooi vir jou te sê wat sy nodig het, kan jy haar kalm vra om op te hou kerm en om vir jou te gaan wys, maar moenie reageer terwyl sy kerm nie. Die ouerskapskrywer Elizabeth Pantley stel voor dat jy vir jou kind sê om met haar gewone stem te praat voor jy sal luister, en dat jy dan jou rug op haar draai en doelbewus met iets anders aangaan tot sy ophou neul.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees