book-icon Uitgawe Februarie, Maart, April & Mei 2021

Kommunikeer só met jou peutertjie

akkreditasie
Getty Images
Getty Images

Dis die heel belangrikste wenk wat sal help dat die boodskap wat jy wil oordra, wel ’n indruk op daardie breintjie maak. Hoe doen jy dit? Gaan sit op jou hurke of knieë en maak seker jy is op jou peuter se hoogte sodat julle oogkontak maak. Kyk hom reguit in die ogies terwyl jy met hom praat. Moenie dan ’n lang, breedvoerige gesprek probeer voer nie, maar praat in kort sinne en maklike woorde wat hy kan verstaan: “Moenie die hond se ore trek nie. Dis eina. En hondjies kan byt as hulle seerkry.”

Soms gaan hy net so ’n groot behoefte hê om ’n spesifieke boodskap aan jou oor te dra. Doen dan dieselfde: Kom op sy vlak en maak oogkontak.

Soos jy beslis al agtergekom het, beskik peuters oor die vermoë om baie selektief te hoor (hulle erf dit by hul pa!) en hoe meer woorde en sinne jy aframmel, hoe minder gaan sy waarskynlik hoor. Vir haar klink dit net soos ’n geraas en daardie oortjies slaan bottoe. Hou dus jou boodskap kort en jou taal verstaanbaar en eenvoudig.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees