book-icon Uitgawe Oktober 2022 tot Januarie 2023

PEUTER | Wat’s nuus?

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Getty Images
Getty Images

Ken julle die Groot Vyf van Suid-Afrika se oseane? En die Piepklein Vyf? En die Diep Vyf? Soek saam met jou kleuters na hierdie interessante diere. Groot 5 Afrika-pikkewyn Sonvis Leerrugseeskilpad Bultrugwalvis Walvishaai Piepklein 5 Knysna-seeperdjie See-anemoon Bloublasie Seekastaiing Skoonmakergarnaal Diep 5 Selakant Vulkaansponsdier Koningklipvis ORI-spinnekopkrap Jandorie Gaan na tinyurl.com/mariene-beskerming om meer te leer van ons land se oseaanbewaringsgebiede. Dis ’n wonderlike webtuiste waar mense foto’s en kennis deel.

Mr Price se babaklere was duidelik so ’n sukses dat hulle sommer op groot skaal uitgebrei het. Mr Price Baby-winkels skiet nou soos sampioene oral op! Die nuwe winkels bied alles vir babas en kinders tot sewe jaar oud. Talle nuwe produkte en groot handelsmerke is te kry, van stootwaentjies tot eetgerei, velsorgprodukte, badprodukte, alles vir slaaptyd, speelgoed en klere. Mr Price Baby is tans in die Eastgate- winkelsentrum, Menlyn-winkelsentrum, Mitchells Plain-Promenade, Carnival-sentrum, Parow Centre en Pine Crest Centre. As daar nog nie een in jou omgewing is nie, kan jy alles aanlyn koop by mrp.com of deur die Mr Price-toep.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Feb - Mei 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees