Skram jou kind weg van aanraking? Kla sy gedurig oor klere-etikette wat haar krap? Gril sy as sy op gras loop of aan modder vat? Haat sy dit as jy onverwags aan haar raak?
Tasdefensiwiteit is ’n abnormale oorreaksie op alledaagse aanrakingservarings, sê dr. Annemarie Lombard, ’n arbeidsterapeut, stigter van Sensory Intelligence Consulting en skrywer van Sensoriese intelligensie: waarom dit belangriker is as IK en emosionele intelligensie (Metz Press).
“Dit word gewoonlik verbind met tasdrempels, wat beteken jou kind se brein verwerk hierdie insette meer intens en meer gereeld, vandaar die oorreaksie.”