Wat doen jou peuter as jy onverwags haar handjie van haar lyfie af wegtrek? Bied sy ’n bietjie weerstand of is haar armpie heeltemal slap?
En hoe voel sy as jy haar optel? Voel sy besonder swaar vir haar klein lyfie? As jy aan haar spiere vat, voel dit heeltemal pap? Of staan jy en jou maat telkens verstom oor hoe slap sy is en hoe ver terug haar gewrigte kan buig?
Sukkel sy dalk om haar kos te kou of woordjies duidelik uit te spreek? Kwyl sy buitengewoon baie?