Leer my Lees met Tippie die Olifant Vlak R: Boek 1-10 is ’n stel wat jy gerus kan aanskaf as jou kind vanjaar gaan leer lees. Die boekies bied uitstekende steun aan ouers, onderwysers en natuurlik aan die ontluikende lesertjie ook. Die skrywers, José Palmer en Reinette Lombard, het jare ervaring in die kuns van kinders leer lees. R1 500 vir die stel van 10, LAPA Uitgewers.
Skool vir talente, eerste periode: oorverdowend deur Silke Schellhammer is vir selflees deur nege- tot 12-jariges, maar jy kan dit gerus vir jou jonger kinders voorlees. Die hoofkarakter, Alva, is in ’n kosskool op ’n verlate eiland. Dis vir kinders met ongewone talente. Van hulle kan krimp, vlieg of deur deure loop! Alva se talent is dat sy diere kan hoor praat. Hopelik is hierdie boek so suksesvol dat dit ’n reeks word. R185, Human & Rousseau.