book-icon Uitgawe Oktober 2021 tot Januarie 2022

Boeke bou die kind!

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Leeshoekie boeke
Leeshoekie boeke

Dié twee boeke is vol bekoorlike stories vir jong kinders wat jou gaan help om leestyd gewoontevormend te maak. Wanneer jy die bad-boek-bed roetine probeer instel, gaan hierdie boeke help om elke aand interessant te hou. Kruip saam in en lees. Nóg oulike stories vir kleintjies deel 1 en deel 2, R99,90 elk, Fantasi.

Dis nooit te vroeg om jou baba aan boeke bekend te stel nie en seker een van die lekkerste maniere om dit te doen, is met ’n badboekie. Ons weet nie wie op aarde die eerste keer badboekies uitgedink het nie – sy verdien ’n Bell’s! Skaf hierdie twee aan om plas-plas ’n liefde vir lees te begin kweek. Badboek: By en Badboek: Uil is vol interessante diere. R75 elk, Human & Rousseau.

Boekies met dik blaaie en trek- en skuifmeganismes is ’n slim manier om jou kind van heel kleins af in ’n boekwurm te verander. In die wildtuin en In die oerwoud is albei vol interessante diere wat wegkruip. Boots sommer hul geluide ook na wanneer julle hulle vind. R145 elk, Macmillan Children’s Books.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
Jongste uitgawe

Okt 2021 - Jan 2022

Jongste uitgawe
Lees Baba & Kleuter gerieflik in digitale formaat.
Begin lees