Ouma Salomie Terblanche is ’n bobaas- bakster. Sy het gesorg vir die koek, asook die mooiste kolwyntjies met trekkers en plaasdiere op en die verskillende plaasdierkoekies.
Tiaan was in sy noppies op sy derde verjaardagpartytjie wat saam met familie en maatjies gevier is op die warmste dag van die jaar!
Die maats kon hul worsbroodjies self opvrolik met tamatiesous in ’n spuit, soos ’n veearts!
Beslis die hoogste van al die hoogtepunte was die trekkerrit. Tiaan het verklaar dat die blou trekker die mooiste een is wat hy nog ooit gesien het!
Die Tiaan Terblance-Boerdery se skuur is met oorgawe versier om by die tema te pas en het die maatjies omtrent na hul asem laat snak. Kyk net hoe spoggerig is die verwelkomingstafel.
Chantelle het blikemmertjies met dierekos voorsien waarmee die maats die plaasdiere kon voer. Dit het vir groot opwinding gesorg.
Amper te mooi om te eet! Die tafels het gekreun onder al die soetgoed en slim versierde lekkernye.
Chantelle het self al die dekor geprakseer. Kyk net al die detail! Daar is omtrent geknip, geverf en geplak om oral waar die oog val ’n plaasgevoel te skep.
Tiaan voer die hoenders op die plaas.
Van links is pappa Petri Terblanche, ousus Chané, verjaardagman Tiaan en ma Chantelle by Ruiterbosch Lodge buite Oudtshoorn.
Venue: Ruiterbosch Lodge buite Oudtshoorn; Fotograaf : Ilse Jordan Photography; Soetgoed: Erene Brown
WYS VIR ONS!
As jy wil hê jou kinder- of ooievaarspartytjie moet op hierdie blad verskyn, stuur gerus ’n e-pos met foto’s van ’n goeie gehalte en ’n kort beskrywing van die partytjie na sharing@ypbmagazine.com
Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.