
Jy weet jou baba is die kosbaarste mensie in jou lewe. Moenie kanse waag met veiligheid nie. Die Multi-Ride is die perfekte kombinasie vir babas tot op 22 kg. Die stewige waentjie, wat tuis is op enige oppervlak, het ’n afdakkie wat faktor 50 sonbeskerming bied, en kan heeltemal terugleun om vir baba die gemaklikste posisie te gee. Jy kan die Multi-Ride met een hand afslaan, en die waentjie kan op sy eie regop staan wanneer dit gestoor word. Dit maak jou lewe net soveel geriefliker.
Die Multi-Ride kombineer met die Kaily-motorsitplek en -basis, ’n sitplek wat agtertoe kyk en op die Groep 0+ gemik is. Die sitplek word met sitplekgordels vasgemaak, wat verseker dat jou baba veilig en gerieflik vervoer word.
Hierdie stylvolle en gerieflike kombinasie is eksklusief by takke van Baby City beskikbaar.
Meer inligting by www.chicco.co.za beskikbaar of #chiccosa.